Nicolaas Pieter Janse van Rensburg was een
van die merkwaardigste figure in ons volksgeskiedenis. Hy is in 1864 op 'n
plaas naby Wolmaranstad gebore en in 1926 in die ouderdom van 61 jaar
oorlede.
Behalwe dat hy kon lees en skryf, was hy
verder ongeletterd. Nogtans het bekendes soos genl Koos de la Ray en C R
de Wet hom dikwels geraadpleeg. Hy het sy eerste gesig gehad toe hy 7 jaar
oud was en daarna meer as 700 tot en met sy dood. Hy het die meeste van sy
gesigte self verklaar.
Tydens sy leeftyd het baie van sy gesigte in
vervulling gegaan. Die meeste moet egter nog in vervulling gaan. Een wat
tans besig is om in vervulling te gaan, is die gebeure in Zimbabwe wat
Siener baie duidelik voorspel het.
Hoe het hy aan sy toekomskennis gekom? Daar
is twee maniere waarop kennis van die toekoms bekom kan word; of deur
begenadiging van God of deur die werking van die Satan. Alhoewel God
alleen alwetend is, beskik Satan oor 'n beperkte kennis van die toekoms
wat hy aan boosheidsbewerkers bekend maak.
In 1 Sam 28 bid Saul op die vooraand van 'n
oorlog teen die Filistyne dat God vir hom die uitslag vooraf bekend moet
maak. As gevolg van sy afvalligheid het God hom nie geantwoord nie, waarna
hy hom tot die heks van Endor gewend het. Saul het dus geweet op watter
twee maniere toekomskennis bekom kon word - of deur God of deur die
Satan.
Deur wie se mag het Siener in die toekoms
gesien? Deur die van God. Hy het nooit met enige bose mag omgegaan nie. Hy
was 'n diep gelowige en kon sy voorkennis derhalwe van niemand anders as
God ontvang het nie....